On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri Oos-Kaap beplan om boere in droogtegebiede te ondersteun

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:22 Mon, 12 Aug 2019

Agri Oos-Kaap beplan om boere in droogtegebiede te ondersteun | News Article

Droogtetoestande in die Oos-Kaap eis ook sy tol in sekere gebiede, veral in die westelike deel van dié provinsie.


Agri Oos-Kaap se president, Doug Stern, sê dit is die vyfde jaar agtereenvolgens dat dele soos Willowmore en Aberdeen in die westelike deel van die Oos-Kaap 'n ondergemiddelde reënval gehad het. 

Hy sê in die sentrale deel van die provinsie, in gebiede onder meer by Bedford en selfs in die oostelike deel by Aliwal-Noord, trek boere swaar. 

Volgens Stern word daar egter nou saam met Agri SA gewerk om geldelike hulp aan boere in droogtegeteisterde dele te verleen. 

Stern sê die situasie in sekere dele van die Wes-Kaap en die Noord-Kaap is ook kritiek en daar is groot kommer oor boere se ekonomiese oorlewing.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.



Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.