On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbou-ekonoom: Vroulike diere kan skaars raak vanjaar

───   06:40 Wed, 15 Jan 2020

Landbou-ekonoom: Vroulike diere kan skaars raak vanjaar | News Article

'n Landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), gee vandag ‘n oorsig van die jongste landboupryse en gesels ook oor moontlikhede vir 2020.


Van der Merwe gee ook die moontlike redes vir die skerp daling van bloubessie-pryse, wat nagenoeg 200% beloop. 

Hy meen dat die afgelope tyd se reën  in sekere dele van die land,  nuwe lewe kan plaas in die vleisbedryf en dat dit ‘n positiewe uitwerking op pryse kan uitoefen.

Van der Merwe voorspel ook dat vroulike diere skaarser kan raak en pryse daarom sal styg. Wat die varsprodukte-markte aan betref, kan nat en koue weer in sekere dele van die land, minder volumes tot gevolg bring en ook ‘n demper plaas op pryse.

OFM se Pieter Möller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.