On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Sernick-veevoer spog nou met ‘n presisie-skaapreeks

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:53 Wed, 15 Jan 2020

Sernick-veevoer spog nou met ‘n presisie-skaapreeks | News Article
FOTO: Verskaf

Die Sernick-groep het onder leiding van sy veevoer-afdeling, ‘n presisie-skaapreeks tot sy bestaande produktereeks gevoeg.


Dié reeks bestaan uit meer as 300 veevoermengsels. Phillip Oosthuizen, hoof van ekonomie en navorsing van dié groep, sê Sernick-veevoere het die nut daarin gesien om ‘n presisie-skaapreeks in die mark beskikbaar te stel weens verskeie behoeftes in die bedryf en meer spesifiek die toepassing van intensiewe skaapboerderye, wat geskoei is op ‘n versnelde lamsisteem. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê daar is 'n oplewing in die intensiewe skaapbedryf en indien produsente ‘n ooi op 'n versnelde lamsisteem het, wat ‘n agt maande stelsel eerder as ‘n 12 maande produksiestels behels, is die ooi se behoefte aan nutriënte hoër omdat sy minder ruskans tussen haar lamintervalle het.

Oosthuizen meen as voeding nie korrek toegepas word nie, kan ‘n ooi nie op ‘n versnelde lamsisteem produseer nie, dit gaan tot minder winsgewende produksievlakke lei. Juis daarom het dié groep 'n reeks veevoere beskikbaar gestel wat gemik is op ‘n ooi se behoefte aan nutriënte in haar onderskeie fisiologiese stadiums. Daar is vir die ooi self voeding ontwikkel wat uit drie fases bestaan. Dit sluit ‘n presisie lek, dragtige ooikorrels en presisie-lakterende ooikorrels in. Daar is ook presisie-lamkuipkorrels beskikbaar.

Dit was Phillip Oosthuizen, hoof van ekonomie en navorsing van die Sernick-groep, slegs op Before Dawn. Skakel Donderdagoggend in op Before Dawn tussen 05:00 en 06:00 wanneer Oosthuizen verder praat oor die beskikbare produkte in die groep se veevoer-afdeling se presisie skaapreeks wat onlangs bekendgestel is. Dit behels volledige afrondingskorrels in ‘n voerkraal.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.