On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri SA behaal sukses om landbou-water bekostigbaar te hou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 01:53 Fri, 22 May 2020

Agri SA behaal sukses om landbou-water bekostigbaar te hou | News Article

Landbou-water is steeds bekostigbaar danksy Agri SA se suksesvolle onderhandelings met die regering.


Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se komitee vir natuurlike hulpbronne, sê dié organisasie verwelkom die regering se beperkte verhogings in die voorgestelde rouwaterkoste vir die besproeiingsbedryf vir die nuwe boekjaar. Dit kom nadat dié organisasie tydens konsultasies met die Departement van Water en Sanitasie gevra het dat die voorgestelde styging in waterhulpbron-infrastruktuurkoste tot 16,5% beperk moet word. Dit is deur die departement goedgekeur en verlede week amptelik gepubliseer.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Kritzinger gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Agri SA neem jaarliks deel aan 'n  prysstrategie en 'n landbousektor vergadering waarin daar met die betrokke departement onderhandel word vir ‘n bekostigbare en lae prysstyging vir landbou-watertariewe.  Kritzinger meen watertariewe in Suid-Afrika, met betrekking tot landbou, is nog billik en Agri SA het 'n beperking van 16,5% voorgestel in plaas van die aanvanklike voorgestelde stygings van tot 50% in sekere gebiede. Die toename in waterhulpbronbestuurskoste is vir alle waterbestuursgebiede aanvaar, met die Oranje-bestuursgebied waar 'n toename van 15,66% voorgestel is ingevolge die nasionale watersprysingstrategie. 

Hy sê die beperkte verhogings het op die regte tyd gekom, weens insetkoste wat dramaties toeneem weens die verswakking van die Rand as gevolg van die Covid-19-pandemie, en met dié beperkte verhoging gaan die impak daarvan ligter op die landboubedryf wees. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.