On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   01:56 Fri, 22 May 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Die verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die nuutste weeklikse etanol-produksiesyfer in Amerika het aangedui die weeklikse etanolproduksie vir die week weer opgetel het, wat positief  vir Amerikaanse mielie-verbruik is.  

Die mark is steeds vasgevang tussen die goeie verwagte produksie vir die seisoen en die verbruik wat besig is om te herstel.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R34/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 449/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R36/ton laer verhandel om teen R2 578/ton te sluit.

Sojabone:

Hoewel die vraag na sojabone in China steeds sterk is, en dit die internasionale markte ondersteun, is daar steeds spanning in die handel tussen die VSA en China.

Die verwagting is dat die Amerikaanse uitvoerverkope vir die week effens laer behoort te wees as die vorige week se uitvoerverkope.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R67/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 420/ton te sluit.

Koring:

Hoewel gedeeltes van die Swartsee-streek se produksietoestande beter lyk, is die verwagting in Rusland dat die koringproduksie vir die seisoen laer behoort te wees.

Die verwagting in Amerika is dat die koring-opbrengste vir die seisoen baie wisselvallig behoort te wees.

Die plaaslike koringmark het gister meestal gemeng verhandel vir die dag met die Mei-kontrak wat ondersteuning gevind het terwyl die verdere maandkontrakte onder druk gekom het.   

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R20/ton hoër verhandel om teen R5 550/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.