On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Vrou in hof ná ontvoering van baba

───   13:54 Tue, 12 Sep 2023

Vrou in hof ná ontvoering van baba | News Article

Die saak is tot 19 September vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

’n 21-jarige vrou het in die distrikshof in Kimberley verskyn op aanklag van ontvoering nadat ’n baba van vier dae oud verdwyn het.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die baba van De Aar in die Noord-Kaap het op 6 September verdwyn uit die Kimberley-hospitaal waar sy behandel is. Hy sê die polisie se ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van die vrou op 8 September. Die baba is ook veilig gevind.

Die saak is tot 19 September vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.