On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Glen-ma bring Kersfees, Nuwejaar agter tralies deur

───   ZENANDE MPAME 11:19 Wed, 17 Dec 2025

Glen-ma bring Kersfees, Nuwejaar agter tralies deur | News Article
Katleho Leeuw is in Oktober vermoor. Foto: Verskaf

Die saak van die vermeende kinderontvoerder en moordenaar van Glen word na verwagting vroeg volgende jaar voortgesit in die Bloemfonteinse landdroshof.

Vuyiswa Leeuw se borgtogaansoek is Maandag (15/12) van die hand gewys toe die staat aangevoer het klein Onkarabetse Leeuw is om die lewe gebring uit wraak en met voorbedagte rade. Leeuw bly daarom in polisieaanhouding tot haar volgende hofverskyning op 28 Januarie hangende verdere ondersoek.

Die 29-jarige word aangekla van die ontvoering van en moord op ’n familielid se vyfjarige seun. Onkarabetse is op 20 November ter ruste gelê in die Glen-begraafplaas langs sy kleinniggie, Katleho (3), Leeuw se dogter. Leeuw se saak is dieselfde dag uitgestel weens die groot belangstelling wat dit ontlok het.

Katleho is in Oktober vanjaar as vermis aangemeld. ’n Verbyganger het twee dae later op haar liggaam afgekom in ruie plantegroei.

’n Familielid (30) van Katleho is in hegtenis geneem vir haar seksuele aanranding en moord. Sy verhoor hervat op 26 Januarie in dieselfde hof.

“Die verdagte was veronderstel om vir 30 dae se waarneming verwys te word (na die Vrystaatse psigiatriese hospitaal), maar dit het nog nie gebeur nie,” sê Mojalefa Senokoatsane, Vrystaatse NVG-woordvoerder.

Tydens ’n vorige hofverskyning het sers. Jan Greef, ondersoekbeampte, die agtergrond van Katleho se moord geskets en getuig ondersoekers het vasgestel sy is seksueel aangerand. Greef het borgtog teengestaan weens dreigemente uit die gemeenskap wat Leeuw aangedoen sou word as sy sou teruggekeer.

Die verdediging het aangevoer Leeuw is in gevaar in aanhouding omdat sy ses maande swanger is en sy nie behoorlike mediese sorg kry nie. Die staat het dié bewering betwis.

Onkarabetse se ma, Rethabile Leeuw (20), ’n niggie van Vuyiswa, het haar seuntjie op 8 November by Glen se polisiekantoor as vermis aangemeld. Ná ’n uitgebreide soektog is sy oorskot vier dae later onder ’n kartonboks onder digte plantegroei gevind.

Die ma’s van die jong slagoffers is niggies wat albei in Glen woon. Vuyiswa het Onkarabetse na bewering ontvoer en om die lewe gebring uit wraak omdat haar dogtertjie Katleho deur ’n naasbestaande van die seuntjie ontvoer en vermoor is.

OFM News/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.