On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

International

Egskeidingsaak werp lig op Mugabe-familie se rykdom

───   11:53 Mon, 08 May 2023

Egskeidingsaak werp lig op Mugabe-familie se rykdom | News Article
FOTO: Zim Daily/Facebook

Bona Mugabe se komende egskeiding lig die sluier oor die Mugabe-rykdom in Zimbabwe wat insluit ’n huis van byna $80 miljoen en ander bates.

Bona Mugabe (33) het vroeër vanjaar aansoek gedoen om van haar man, Simba Chikore, ’n voormalige vlieënier van ’n lugdiens ná nege jaar te skei.

The Citizen berig in hofstukke lys Chikore talle bates wat uitsluitlik deur Mugabe of gesamentlik deur die egpaar besit word, insluitende residensiële eiendomme, plase, luukse motors en byna $1 miljoen in kontant.

Chikore wil nie skei nie, maar vra dat indien die egskeiding toegestaan word hulle gesamentlike toesig oor hul drie kinders kry en hy ’n deel kry van die bates wat hulle gesamentlik bekom het.

Die verskeidenheid en waarde van die bates wat in die teeneis gelys word, sal baie Zimbabwiërs ontstel, omdat die land gebuk gaan onder armoede, gereelde kragonderbrekings en ’n baie hoë inflasiekoers.

Op die lys is 21 plase en meer as 25 residensiële eiendomme in luukse voorstede in Harare. Een van die huise se waarde is $40 miljoen en hul herehuis in Dubai $8 miljoen.

Chikore lys ook talle motors, insluitende 'n Rolls Royce van $800 000 en drie Range Rovers.

Bona se pa, Robert, was die president van Zimbabawe sedert die land se onafhanklikheid van Britse koloniale bewind in 1980 totdat hy in November 2017  uit die kussings gelig is, Hy is in 2019 in Singapoer op 95-jarige ouderdom dood.

In sy presidentskap het Mugabe, wat hom as 'n linkse radikale voorgehou het, verskeie plase besit waarop beslag gelê is tydens sy omstrede grondhervormings. Die presiese waarde van die familie se rykdom is nie bekend nie.  

Besonderhede van sy boedel wat in 2019 bekend gemaakl is, het slegs aangedui dat hy $10 miljoen, tien motors, 'n plaas en twee huise besit het.

Mugabe se vrou is in die media as “Gucci Grace” gedoop weens haar uitspattige inkopietogte wêreldwyd.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.