On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Planttoestande steeds kritiek

───   12:26 Thu, 06 Dec 2018

Landbounuus-podcast: Planttoestande steeds kritiek | News Article

Planttoestande in groot dele van die somersaaigebied is steeds kritiek. In die Oos-Vrystaat, waar optimale planttyd eintlik verby is, kon nog bitter min geplant word, en is reën ook dringend nodig.


Graan SA berig hoewel boere in die oostelikedele van Suid-Afrika, wat Kwazulu-Natal en Mpumalanga insluit, redelik konplant, is reën ook nou weer daar dringend nodig vir die nuwe saailinge. In diewestelike dele, wat Noordwes, die sentrale en Noord-Vrystaat insluit, is ditook nog grootliks te droog om te plant. Die optimale planttyd hier is eintliknet tot middel Desember. Luidens Graan SA is lande in die algemeen  reeds vir plant voorberei, maar almal wag nouvir reën. Op die Springbokvlakte in Limpopo kon nog geen droëland-somergranegeplant word nie, maar nagenoeg die helfte van die besproeiinggrond daar is welal beplant. Ook in die Noord-Kaapse besproeiinggebiede is die verwagting datminder mielies en sojabone geplant gaan word as wat vroeër verwag is.

Die G4-Meat Master-teelgroep hou Donderdag hul jaarlikse produksieveiling op die plaas Besterskraal tussen Kroonstad en Bothaville in die Vrystaat. Tien ramme, 'n honderd ooie - dragtig of met lammers - en sestig ooilammers, waarvan die meeste dragtig is, sal aangebied word. Die afslaer Simon Hughes sal die veiling behartig. Meat Master-telers is daarop gesteld dat hul skape in die natuur en op die veld moet presteer - sonder byvoeding, hormone of lekke. Hulle selekteer ook hul teeldiere op grond van hierdie norm. Die ras is ‘n komposiet, saamgestel uit verskeie Suid-Afrikaanse skaaprasse. Dit word as ‘n skaapras sonder ‘n vetstert, met hare en vir uitsluitlik vleisproduksie bemark. Die telergenootskap het van meet af aan besluit hulle is gekant teen skou, maar hulle neem wel aan karkas-kompetisies deel om seker te maak hulle voldoen steeds aan die verwagtinge van die mark. 

EN

Die jaarlikse Wêrelddag vir Grondgesondheid is Woensdag gevier, met diie Verenigde Nasies se Organisasie vir Voedsel en Landbou wat beraam dat al die wêreld se kosbare bo-grond binne die volgende sestig jaar geeërodeer mag wees as grond-degradasie teen die heersende koerse voortduur. Verlede jaar het VN-amptenare reeds ‘n beroep gedoen dat die planeet se grond as ‘n kritieke natuurlike hulpbron bestuur behoort te word, onder meer om die invloed van klimaatverandering teen te werk. Kristine Nichols, internasionaal-bekende grondkundige, sê as die organiese materiaal-inhoud in grond met die regte praktyke opgebou kan word, kan die onsekerheid van klimaatverandering teengewerk word. Met landboupraktyke wat op biologiese grondgesondheid gefokus is, moet meer koolstof in die grond uit die atmosfeer vasgevang word, wat ook die nodigheid vir stikstof-kunsmis behoort te verlaag.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.