On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Droogtetoestande vererger in NK

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:18 Thu, 07 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Droogtetoestande vererger in NK | News Article

Droogtetoestande vererger in die Noord-Kaap met landbougemeenskappe wat in 'n wurggreep is.


Boere word swaar geraak en is in 'n geldelike knyp, terwyl diere honger ly en waterbronne opdroog. Verskeie organisasies oor die land heen verleen hulp aan dié gemeenskappe wat swaar trek weens die ongekende droogte. Boere is dankbaar vir elke skenking wat ontvang word, maar die omvang van die droogte is reusagtig. 

Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê ramptoestande heers in 70% van die Noord-Kaap met uitsondering van slegs 'n klein deel van dié provinsie wat nie kritiek is nie. Dit sluit dorpe langs die N1-snelweg, soos Colesberg, Richmond tot by De Aar, en Kimberley tot by Hartswater in, onderskeidelik in die oostelike en noordelike deel van dié provinsie. Jansen sê meer as R425 miljoen in die vorm van droogtehulp van die regering word in die komende drie maande benodig om boere in dié moeilike toestande te ondersteun.

Steeds by die heersende droogtetoestande in provinsies soos die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap wat nou rampspoedig is... OFM se Pieter Möller, 'n bekende in landboukringe, sê die droogtetoestande en gemeenskappe wat swaar trek, lê hom na aan die hart. Daarom het hy besluit om eerskomende Saterdag aan OFM se Music Marathon in Bloemfontein deel te neem en sodoende bewustheid te kweek oor die nood waarin landbougemeenskappe weens die voortslepende droogte verkeer. OFM se Music Marathon het 'n 42.2km-, 21.1km- en 10km-wedloop asook 'n 5km-pretwedloop wat Saterdag by die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein begin. Besoek ofm.co.za vir meer inligting.  

 EN

Daarmee saam, besoek ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier om meer oor die droogtetoestande en hulpverlening in die sentrale binneland te lees. Kontak news@ofm.co.za as jy nuus en droogtehulpprojekte wil deel.



OFM-nuus
 



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.