On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere bereik breekpunt weens droogte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:28 Mon, 06 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Boere bereik breekpunt weens droogte | News Article

Boere in die grootste gedeelte van die Oos-Kaap het breekpunt bereik weens die voortslepende droogte.


Die president van Agri Oos-Kaap, Dough Stern, sê dit het in talle gebiede van dié provinsie, wat vir die afgelope vyf jaar agtereenvolgens gebuk gaan onder erge droogtetoestande, nog nie voldoende gereën nie. Stern sê hoewel die droogte sy tol eis oor die grootste gedeelte van die Oos-Kaap, is daar sekere gebiede wat swaarder trek as ander.  Volgens Stern was verlede jaar een van die mees uitdagendste jare vir die landbouboubedryf in geheel gewees, veral weens onder meer die droogtetoestande. Hy sê boere se deursettingsvermoë en veerkragtigheid is egter opmerklik. Daar is ook groot gedeeltes van die Noord-Kaap en die Wes-Kaap wat nog angstig op goeie reën wag.

Terwyl droogtetoestande voortduur in groot dele van die Noord-, Oos-, en Wes-Kaap het reën in sekere gebiede in die  Vrystaat en Noordwes verligting gebring. Gielie Nieuwoudt, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, sê dit sluit ook die westelike gedeelte van die Vrystaat in. Volgens hom is daar gebiede,wat egter nog reën benodig en opvolgreën is nou noodsaaklik. Hy sê die droogte, asook die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo verlede jaar, het egter steeds 'n groot invloed op rooivleisprodusente. Nieuwoudt sê daar is ook hoop dat die bek-en-klousseer uitbreking en die gevolge daarvan vroeg vanjaar opgelos kan word.

EN

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos  Droogtehulp SA, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.