On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: AGDA vandag bekendgestel

───   11:44 Tue, 18 Feb 2020

Landbounuus-podcast: AGDA vandag bekendgestel | News Article
Minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza

Die landbou-ontwikkelingsagentskap, oftewel AGDA, is vandag op die Africa Agri Tech konferensie en expo, AAT, in Pretoria bekendgestel.


Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het die agenskap, wat sy beskou as 'n suksesvolle inisiatief deur die private sektor, verwelkom. Didiza het in haar video-boodskap aan konferensie-gangers gesê dit is waardevol dat alle betrokkenes in die private sektor, soos agri-besighede, banke, en kommersiële boere die regering wil ondersteun om uitdagings in die land se ekonomie en meer spesifiek die landboubedryf en grondhervorming in Suid-Afrik aan te pak. Die agentskap is deel van die openbare-private-groei-inisiatief (PPGI) wat in April verlede jaar onder leierskap van dr. Johan van Zyl, die uitvoerende hoof en president van Toyota in  Europa gevorm is. Oud-minister, Roelf Meyer,  is ook die dryfveer agter die agentskap wat toegewyd is om volhoubare grondhervorming in Suid-Afrika te vestig.  OFM-nuus woon dié AAT- Afgri en Grobank konferensie by.  Bly ingeskakel vir meer oor dié konferensie in OFM se 13:30 landboubulletin.

Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (oftewel die RPO) verwelkom die opheffing van die verbod op die hou van veilings en skoue weens die uitbraak van bek-en-klouseer in Limpopo met onmiddellike effek soos deur die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling Thoko Didiza aangekondig. Die RPO het baie hard saam met die departement en die bedryf gewerk om dit te bewerkstellig," sê Koos van der Ryst, Voorsitter van die RPO. Hy sê verder dit was ‘n uiters drastiese maatreël wat ‘n geweldige negatiewe impak op produsente en die bedryf gehad het. Dit het egter ook vrugte afgewerp in die sin dat Suid-Afrika se belangrikste uitvoermarkte ten spyte van die verlies van sy bek-en-klouseer vrye sone status weer geopen is. Die opening van die Chinese handel is ‘n uiters relevante voorbeeld hiervan.

EN

Daarmee saam beskou Paul Makube, Senior Landbou-ekonoom by FNB ook die opheffing van die verbod op veiling van vee as 'n welkome verligting vir produsente, afslaers, voerkrale en ander belanghebbendes regoor die waardeketting. Hy meen die mark kan nou na normaliteit terugkeer en die wanbalans in die aanbod wat deur die verbod veroorsaak is, kan regstel word.




OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Dane Beisheim

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.