On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Het jou boerdery 'n meesterplan?

───   ELZETTE BOUCHER 05:00 Thu, 17 Feb 2022

Het jou boerdery 'n meesterplan? | News Article
Foto: OFM-nuus

Landbou ervaar dieselfde ekonomiese realiteite as die res van die ekonomie.

Wat kan landbouers doen om mededingend te bly? Nedbank het raad. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, het met Daneel Rossouw, die Funksionele Hoof Landbou – Nedbank verhoudingskanale, hieroor gesels.

Sien onderstaande PODCAST

Lees ook: Transformasie in landbou

Rossouw stel onder meer voor dat elke landbouer ’n meesterplan met ’n grondwet vir die boerdery opstel.

“Jy moet weet waar jy wil wees oor ’n jaar, vyf jaar, of tien jaar van nou af en wat jy in plek moet stel om daar te kom. Soos byvoorbeeld markontledings, markposisionering, integrasie binne die waardeketting, bestuur en selfs erfopvolging. Dis baie belangrik, want meeste van ons boerderye is familiebesighede.”

Hy meld verder dat die boerdery se vennote ook moet inkoop op hierdie meesterplan.

“As ek van vennote praat, is dit al die rolspelers binne in jou waardeketting. Van insetverskaffers tot verwerkers, insluitende jou finansiële vennoot.”

Lees meer oor Nedbank se innoverende oplossing hier.


 

#OFMSakeUur



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.