On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

‘Bloemskou-landbouprogram bars vanjaar uit sy nate’

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 18 Jan 2023

‘Bloemskou-landbouprogram bars vanjaar uit sy nate’ | News Article
FOTO: bloemskou.co.za (2022)

Vele landboukampioenskappe is weer aan die orde van die dag op vanjaar se Bloemskou. Dié skou vier vanjaar 'n mylpaal van 140 jaar in die skoubedryf.

Dit vind vanjaar vanaf 27 April tot 6 Mei plaas.

Die hoof uitvoerende beampte, Elmarie Prinsloo, sê beplanning is reeds volstoom aan die gang ná ‘n suksesvolle skou verlede jaar, wat ten spyte van uitdagings soos bek-en-klouseer en Covid-19-regulasies goed verloop het. 

LEES OOK: Bloemskou terug ná twee jaar

“Ons gaan besoekers verras met ‘n vol program se vermaak, 22 landboukampioenskappe, ‘n verskeidenheid van buite uitstallers, lekker kos- en kuierareas, en ‘n splinternuwe aanslag op ons binne-uitstallers,” deel Prinsloo.

Sy sê vanjaar se landbouprogram bars behoorlik uit sy nate. “Ons het 22 landboukampioenskappe in die skape-, beeste- en perdebedryf wat vanjaar by die skou aangebied gaan word, waarvan 10 nasionale kampioenskappe is.”

LEES OOK: Bloemskou oortref alle verwagtinge

Tussen 5 500 en 6 000 diere sal na verwagting vir die tydperk van die skou op die skougronde geakkommodeer word.

Vanjaar se tema is “Partytjie Tyd” wat deur die skoufeesvieringe van 140 jaar geïnspireer is. Die skou het in 1883 begin as ‘n ten toonstelling waar boere met mekaar hulle toerusting en tegnieke kon deel.

Nou, baie jare later, het die uitstallings gegroei, "en het ons ook die kommersiële gedeelte gevorm na waar dit vandag is... Ons landbou-afdeling het gegroei in terme van die 22 kampioenskappe wat tydens die Bloemskou aangebied word en die grootste opeligsaal ter wêreld insluit."

ALSO READ: Bloem Show proud host of largest open-air saddle horse championship in the world

Bek-en-klouseer

Prinsloo beskryf 2022 as 'n uitdagende jaar, maar ook 'n suksesvolle jaar aangesien die skou 'n groot sukses was.

Bek-en-klouseer bly ‘n groot uitdaging vir skoue en lewendehawe veilings in geaffekteerde provinsies, wat die Vrystaat en Noordwes insluit. Prinsloo het verlede jaar met OFM-nuus gedeel dat die uitbraak van die siekte ‘n negatiewe invloed op die getalle van diere gehad het wat deel van die skou sou wees. 

Die nasionale Departement van Landbou het nog nie in 2023 'n bek-en-klouseer-verslag vrygestel nie. Die mees onlangse verslag, wat in November 2022 op die department se webtuiste vrygestel is, toon dat meer as 80 000 diere in die Vrystaat en meer as 30 000 in die Noordwes inentings ontvang het.

Vir meer inligting besoek Bloemskou se webtuiste.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.