Agriculture
Wat is nuut in Farmer's Weekly?─── ELSABÉ RICHARD 05:13 Fri, 25 Aug 2023
Die lewensvatbaarheid van die groei van katoen in droëlandtoestande in Noordwes is een van die fokuspunte van Farmer’s Weekly hierdie week.
Janine Ryan, redakteur van die landboutydskrif, sê sommige gewasprodusente in Schweizer-Reneke skakel oor na katoenproduksie, wat nie 'n tradisionele katoenproduserende gebied is nie.
Katoen is skynbaar meer winsgewend as mielies en sojabone en ’n uitstekende keuse vir gewasrotasie, volgens boere.
Die vraag na katoen oorskry die aanbod in Suid-Afrika verreweg. Dit beteken dat boere goeie pryse vir katoen kry.
Nasionale minimum loon
Agri SA het aangekondig dat hy ’n voorlegging aan die regering gaan maak waarin die negatiewe impak wat die nasionale minimumloon op die groei en volhoubaarheid van die landbousektor het, uiteengesit word.
Johan Wege van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid oor Arbeid, sê tensy die verhogings van die minimumloon in die landbousektor met inflasie belyn is, is daar 'n wesenlike risiko dat die sektor sou inkrimp, wat 'n verwoestende uitwerking op indiensneming in die sektor sal hê.
Hy voeg by dat die sektor gewys het hoe veerkragtig dit kan wees in die aangesig van talle krisisse. Die Covid-19-pandemie is een voorbeeld.
Die druk op die landbousektor begin egter wys:
- Die stadige pas van groei word weerspieël in die arbeidstatistieke wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, wat 'n 0,8% kwartaal-op-kwartaal toename in indiensneming in die landbousektor getoon het.
Agri Securitas
Farmer’s Weekly kyk ook vandeesweek na die R1,9 miljoen skenking wat Agri Securitas Trustfonds onlangs aan 29 landbou-organisasies gemaak het vir landelike veiligheid.
Farmer’s Weekly kyk ook vandeesweek na die R1,9 miljoen skenking wat Agri Securitas Trustfonds onlangs aan 29 landbou-organisasies gemaak het vir landelike veiligheid.
Ryan sê dié trustfonds het sedert sy ontstaan in 1988 byna R19 mijoen aan landelike veiligheidsinisiatiewe geskenk.
Cobus van Zyl, Agri Securitas-voorsitter, sê boere en hul werkers is veral kwesbaar vir misdaad, met die landelike gemeenskap wat dikwels onderwerp word aan geweld, en soms plaasmoorde.
