On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

LANDBOU-HOOFTREKKE: Drie dood in Botswana ná plaasaanval in Suid-Afrika

───   ELSABÉ RICHARD 14:03 Fri, 10 Nov 2023

LANDBOU-HOOFTREKKE: Drie dood in Botswana ná plaasaanval in Suid-Afrika | News Article
Foto ter illustrasie

Drie Botswana burgers is noodlottig gewond in hul vaderland nadat hulle betrokke was by 'n paasaanval in Suid-Afrika.

Die drie was na bewering deel van ’n veediefstalsindikaat. Beamptes het ná ’n skietery Donderdag beslag gelê op wapens, wat die vorige dag op ’n plaas by Thabazimbi gesteel is, waar hulle ’n egpaar aangeval het. Marcelle Maritz, Limpopo VF Plus-leier, het die beseerde vrou in die kliniek besoek.

Die DA in die Noord-Kaap vra die provinsiale landboudepartement moet net begunstigdes met ’n volhoubare sakeplan finansier. Kalahari Kid Korporasie kon in 20 jaar steeds nie ’n volhoubare entiteit word nie, maar ontvang stééds miljoene van die provinsiale departement van landbou. OFM Nuus wag op kommentaar van die Noord-Kaapse landboudepartement.

Suid-Afrika ervaar ’n afname in landbouhuishoudings. Dit is omdat die landbousektor toenemend uitdagings moet trotseer, soos stygende uitgawes en dalende winste.

'n Geldinsameling is begin vir ’n Vrystaatse “agripreneur” om die SHE-toekennings by te woon in Nairobi, Kenia. Masabata Sebusi van Thaba Nchu is een van die finaliste wat meeding om die Agripreneur van die Jaar-prys.

Donasies kan hier gemaak word.

EN

Plaaswerkers is ingespan om deel te vorm van 'n musiekvideo wat geskiet is op ’n plaas in die distrik Petrusburg in die Wes-Vrystaat. Christof van der Berg, pianis en sanger, se nuwe musiekvideo van sy liedjie “Wil jy sien hoe lyk die hemel?” is pas uitgereik. Hy vertel die liedjie en video het ’n eg Vrystaatse smaak, en die familieplaas Witraal was sy kreatiewe inspirasie.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May Morné








@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.