On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Beriggewing oor vereistes vir landbou-uitvoer ‘verkeerd geïnterpreteer’

───   ELSABÉ RICHARD 14:14 Mon, 13 Nov 2023

Beriggewing oor vereistes vir landbou-uitvoer ‘verkeerd geïnterpreteer’ | News Article
Thoko Didiza, Minister van Landbou. Foto: Facebook

Noko Masipa, die DA se skaduminister van landbou, sê die land het verlede jaar VS$12,8 miljard in landbou-uitvoer aangeteken, waarvan 20% na die EU gegaan het en 4% na die Verenigde Koninkryk.

Die regering se boodskap oor die prosedure en jaarlikse aansoek om uitvoerpermitte na die markte van die EU en die Verenigde Koninkryk is verkeerd geïnterpreteer. Dis volgens die landboudepartement na aanleiding van berigte waarin beweer is dat boere wat ’n omset van meer as R10 miljoen het en uitvoerpermitte vir die genoemde lande wil bekom, aan sekere swartbemagtigingsvereistes moet voldoen. Departementele woordvoerder, Reggie Ncgobo, sê die toekenning van hierdie kwota neem in ag die markaandeel van die aansoekers, die kwota waarvoor aansoek gedoen word, die totale beskikbare kwota, die aantal aansoekers en die breëbasis-swart ekonomiese bemagtiging-status van die aansoeker. Dié vereistes weerspieël die vorige jare s'n.

Intussen het die DA, vóór die departement die rekord reggestel het, gesê die vereistes kom neer op niks minder nie as ekonomiese sabotasie teen die talle werklose Suid-Afrikaanse mense. Die helfte van alle landbou-produkte wat in SA geproduseer word, word uitgevoer. DA se skaduminister van landbou, Noko Masipa, sê die land het verlede jaar 12,8 miljard Amerikaanse dollar in landbou-uitvoer aangeteken – waarvan 20% na die EU gegaan het en 4% na die Verenigde Koninkryk.

Ramings in die landboumasjineriebedryf dui steeds daarop dat trekkerverkope in die 2023-kalenderjaar tussen 10 en 15% minder sal wees as verlede jaar. Na verwagting sal stroper-verkope nou tussen 20 en 25% meer wees. Die Landbou-masjinerieassosiasie sê hoewel taamlik goeie aanplantreën reeds geval het, gaan reën in die somergewasgebiede nou laer wees as die gemiddeld weens die El Niño-verskynsel. Dit het daartoe gelei dat boere ’n beleggingstandpunt oor masjinerie ingeneem het wat meer risikobestand is.

Die adjunk-hoofbestuurder van Agri Noordwes is benoem vir die Landbounavorsingsraad se bees-presteerders-mentor van die jaar-toekening. Die doel van die pryse is om die beste van die beste in sewe kategorieë ten toon te stel, wat almal verband hou met vleisbeesprestasie en -produsente. Agri Noordwes se Naudé Pienaar en Piet Mothepu van die plaas Kirkdale by Koppies in die Vrystaat ding ook mee om die gesogte prys.

EN

Daar is na raming sowat 18 000 witrenosters oor. Met die oorkoop van die renosterplaas Platinum Rhino van John Hulme in Noordwes het die bewaringsgroep African Parks besluit om die renosters in die natuur vry te laat. OFM se Pieter Moller berig die proses van vrylating, gepaardgaande met die nodige veiligheidsmaatreëls, sal stelselmatig oor ‘n tydperk van die volgende 10 jaar geïmplementeer word.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May Morné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.