On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Beter masjinerieverkope dui op landbouherstel

───   ISABEL VAN TONDER 13:29 Fri, 07 Nov 2025

Beter masjinerieverkope dui op landbouherstel | News Article
Landboumasjinerie se verkope neem mooi toe. Foto ter illustrasie: Pexel.com

Vooruitsigte vir die verkoop van landboumasjinerie bly gunstig en die mark herstel tot ’n mate.

Trekkerverkope van 857 eenhede in Oktober is byna 12% meer as die 765 eenhede, wat verlede jaar verkoop is. Dit dui op ’n 21%-styging vergeleke met verlede jaar. 

Die verkope van stropers is ongeveer 8% meer as die ooreenstemmende tydperk verlede jaar nadat 17 stropers in Oktober verkoop is. Dit is elf minder as die 28 eenhede wat in die ooreenstemmende tyd verlede jaar van die hand gesit is.

Daar was ’n tydperk van sterk mededinging in die mark, wat gelei het tot hoë voorraadvlakke in sekere kategorieë.

Jaarverkope 10% hoër

“Vooruitsigte vir wintergewasse lyk goed, en ramings vir die komende somergewasseisoen is bemoedigend. 

“Volgens weervoorspellings lyk dit asof ’n swak La Niña die res van die jaar sal heers, wat ’n bemoedigende teken vir somergewasse is,” sê Willie Human, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie.

Huidige beramings is dat trekker- en stroperverkope sowat 10% meer sal wees verlede jaar.

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Verklaring mc/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.