On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

The Joyride Blog

Happy international pie day!

───   17:42 Thu, 23 Jan 2020

Happy international pie day! | News Article

Today on the Joyride we tasted some of the best pies we've ever had. Check out them and their recipes.


Blomkool en Kaas Pastei

500 g Blomkool

2 knoffelhuisies

4 stokkies draakplant (tarragon)

1 Eetlepel Olyf Olie

See sout en gekraakte swart pepper

20 g ongesoute botter

1 eetlepel koekmeel

2/3 koppie (160ml) melk

¼ koppie (60ml) room

½ koppie (50g) gerasperde mozzarella kaas

½ koppie (40g) gerasperde parmesan kaas

¼ teaspoon neutmuskaat

1 eier, geklits

Warm Water Deeg

500 g Koekmeel

2 tsp Sout

175 vet of botter

250 ml Water (Meer as nodig)

 Metode:

Deeg:

Sif die meel in n mengbak met die sout en maak n gaaitjie in die middel.  In n pan oor n matige hitte smelt die vet in die water tot heeltemal gesmelt en baie warm.  Gooi die gesmelde vet of botter en water mengsel in die middel van die gaaitjie van die meel mengsel.  Roer stadig met n houtlepel die mengsel tot al die meel ingewerk is.  Die deeg moet n glade tekstuur he.  As die deeg n bietjie droog is, meng dan net n bietjie warm water by.  Druk in a bal in.  Sit die bak op n pot met water en bedek die deeg met n klam lappie.  Los om te rus vir 5-minute tot die deeg hanteer baar is.

Vulsel:

Verhit die oond tot 200 C.  Plaas die blomkool, knoffel, draakplant, olie, sout en pepper op n groot oondbak en meng saam.  Bak vir 15 min tot goudbruin. Terwyl die blomkool kook, smelt die botter in n klein souspan oor matige hitte.  Voeg die meel by en klits vir 1 – 2 minute of tot n sagte mengsel vorm.  Gelydelik voeg die melk en room by en kook en klits dan vir 3 – 4 minute of tot die mengsel dik word.  Haal van die hitte a fen voeg by die mozzarella, parmesan, nutmuskaat, sout en pepper by en klits tot deurgemeng is.

Afsluiting van die dus:

Verdeel die warm water deeg in vier stukkies en rol elke stukkie uit tussen 2 stukke bak papier tot 3 mm dik.  Gebruik n 20cm ronde drukker en sny 4 sirkels uit die deeg en druk uit in 4 ronde ramekins van 250 ml.  Roll die res van die deeg uit tot 3 mm dik en sny 4 sirkels uit op te pas op die bokant van elke ramekin.  Skep helfte van die witsous in elke ramekin van die pasteie, vul dan met die blomkool en sit dan die ander helfte van die witsous bo op. Smeer die kante van die deeg met eier and druk dan die deksels op die bokant van elke pastei.  Gebruik n klein, skerp mes, maak dan n klein merkie op die bokant van elke pastei deksel.  Smeer die bokant met nog eier.  Plaas die pasteie op n oond bak en plaas in die oond.  Bak vir 25 – 30 minute of tot goud bruin.



Snoek Pastei

2 Brostertdop (vind resep onder aan bladsy)

1 gekapte ui

12.5 ml (1 eetlepel) botter of olie

250 ml (1 koppie) melk

12.5ml (1 eetlepel) margarine

25ml (2 eetlepels) meelblom

10ml (2 teelepels) gekapte pieterselie

250ml (1 koppie) gerasperde cheddarkaas

2 hardgekookte eiers, fyngekap

500ml (2 koppies) gerookte snoek, fyngemaak

Knippie rooipeper

1 eier geklits met 125ml (1/2 koppie) melk

Metode:

Braai die uie in die warm botter of olie tot ligbruin.

Maak n witsous van die melk, margarine, en meelblom.

Voeg die pieterselie, hardgekookte eiers, kaas, snoek en rooipeper by daarby.  Voeg sout by soos nodig, en meng goed.

In n tertbord voer die brostertdeeg uit. 

Gooi die mengsel in die uitgevoerde tertbord.

Gooi die eier-en-melkmengsel bo-oor en bak dit 30 minute lank by 180 C of tot dit ligbruin is bo-op.

Dien warm of koud op.

Brostertdeeg:

250ml (1 koppie) meelblom

5ml (1 teelepel) bakpoeier

N Knippie sout

62ml (1/4 koppie) botter of margarine

Geel van 1 eier

25-50ml (2 tot 4 eetlepels) yskoue water

Metode:

Sif die meelblom, die bakpoeier en die sout tweekeer saam.

Werk die botter of kunsbotter met die punte van die vingers of met n deegmenger daarin tot dit heeltemal gemeng is en soos growwe mieliemeel lyk.

Klits die eier, voeg 37 ml (3 eetlepels) water by en sny dit met n mes in die meelmengsel tot dit net gemeng is, sonder om die deeg onnodig te druk of te knie.  Voeg meer water by indien nodig.

Druk die mengsel vas op die boom en aan die kante van n gesmeerde tertbord sodat dit dun is op die boom en n dikker rand rondom het.  Skulp die rand rondom deur dit met die dui men voorvinger knyp.

Bak omtrent 10 minute lank of tot dit ligbruin is in n warm oond by 220 C.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.