On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Kom “Beleef dit!” by vanjaar se NAMPO Oesdag

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 30 Mar 2022

Kom “Beleef dit!” by vanjaar se NAMPO Oesdag | News Article

NAMPO Oesdag vind vanjaar weer in lewende lywe op NAMPO Park in Bothaville plaas.

Besoekers sal dié keer weer die reuk van sosaties op die vuur én die gegons van mense en musiek kan beleef.

Sien onderstaande PODCAST

Toit Wessels, Assistent-bestuurder van NAMPO, deel dat die geleentheid op 16 Mei vir vyf dae afskop en teen 50% van NAMPO Park se kapasiteit sal plaasvind. 

LEES OOK: Nampo ALFA skop in September af

Dit is bekend gemaak ná president Cyril Ramaphosa se toespraak verlede Dinsdagaand toe hy die aangepaste Vlak 1-regulasies aangekondig het.

Die tema vir vanjaar is “Beleef dit!” en beloof die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond.

Volgens Wessels kan besoekers uitsien na die landbou se nuutste tegnologie, masjinerie, innovasies, produktiwiteitsoplossings en vele meer.

LEES OOK: 2021 Nampo Oesdag gekanselleer, maar organisasie sien uit na 2022

Covid-19 maatreëls

Graan SA maak in ‘n verklaring bekend dat dit daartoe verbind is “om toepaslike en nodige maatreëls en aksieplanne te implementeer in verband met die vereistes van die regering om hierdie geleentheid aan te bied.

“Die gesondheid en veiligheid van besoekers, uitstallers, personeel, borge en die hele landbougemeenskap tydens die NAMPO Oesdag bly uiters belangrik.

“Die organisasie sal verder gelei word deur huidige beste praktyke om te verseker dat alle toepaslike en vereiste gesondheid- en veiligheidskontroles in plek is wat die aanbieding van 'n suksesvolle en waardevolle geleentheid vir alle betrokkenes sal fasiliteer,” het dr. Pieter Taljaard, Uitvoerende Hoof van Graan SA gesê.

“In ooreenstemming met die nuut aangekondigde regulasies, sal die NAMPO Oesdag besoekers verwelkom wat voldoen aan die huidige vereiste regulasies, naamlik ten volle ingeënt en in besit van 'n geldige inentingsertifikaat, of ongeënt maar in besit van 'n geldige sertifikaat van 'n negatiewe Covid-19 toets, verkry nie meer as 72-uur voor ingang na die park nie,” het Wessels bygevoeg.

Kaartjies sal vanaf die 8ste April af aanlyn in samewerking met TicketPro beskikbaar wees.

Besprekings vir die immergewilde tentehotel op die noordelike grens van die park is reeds oop en verdere inligting rondom die NAMPO Oesdag kan op www.nampo.co.za verkry word.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.