On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Melkbokke kan bydra tot volhoubaarheid op plaas

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Thu, 18 Sep 2025

Melkbokke kan bydra tot volhoubaarheid op plaas | News Article
Melkbokke is ’n groeiende vertakking in landbou. Foto: Pexel

Melkbokboerdery is een van die vinnig-groeiende segmente in Suid-Afrikaanse landbou. Dit kan ook as ekstra vertakking op die plaas dien om addisionele inkomste te verkry.

Hoewel die bedryf kleiner is as bees- en skaapmelkproduksie, groei die vraag na bokmelk en afgeleide produkte jaarliks, plaaslik en Internasionaal. “Ons melk 700 melkbokke per dag,” sê sê Francois Smit, president van die Melkbokvereniging en ook werksaam by Limpopo Melkery op Louis Trichardt.

“Die boerdery het ontstaan met kleinkinders wat allergies is vir beesmelk en ons het sommer boerbokke begin melk. Bokmelk is baie ryk in noodsaaklike vitamiene en minerale en is makliker om te verteer.” 


Volwasse melkbokke kan tussen twee en vier liter melk per dag produseer, afhangende van genetika, voeding en bestuur. Bokmelk word verwerk tot ’n wye reeks produkte soos kaas, jogurt, botter en gespesialiseerde gesondheidsprodukte.

Die plaaslike mark vir bokmelkprodukte groei veral in stedelike gebiede waar gesondheidsbewuste verbruikers meer betaal vir alternatiewe gesondheidsprodukte. Daar is ook toenemende uitvoergeleenthede.

Melkbokke verg toewyding en tyd om ’n suksesvolle boerdery te wees. Foto: Pexel 

“Voeding is een van die belangrikste aspekte van melkbokboerdery en hulle is ook seisoenaal ten opsigte van reproduksie. Bokke is ’n klein dier so dis makliker om mee te werk, sy kan sommer in die kraal gevang en behandel word. Melkbokke is baie goeie ma’s en kan suksesvol gebruik word om skaaplammers groot te maak,” sê Smit.

“Beginner-boere moet weet goeie fasiliteite is belangrik. Dit nodig dat melkbokke kan skuil teen koue, reën en modder. Enige melkdier verg toewyding en tyd en melkbokke groei op ’n mens met hul dinge en jy word lief vir elkeen.” 

  • Smit is een van die uitstallers by vanjaar se NAMPO ALFA Vee-, Jag- en Buitelug-ekspo wat 16 tot 18 Oktober by NAMPO Park, net buite Bothaville plaasvind. OFM is die trotse mediavennoot van NAMPO ALFA. Lees meer hier.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.