On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Brahman-telers in Limpopo hou hul eerste katalogusveiling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:01 Wed, 15 Jan 2020

Brahman-telers in Limpopo hou hul eerste katalogusveiling | News Article

‘n Groep van nege Brahman-telers, hoofsaaklik in Limpopo, het besluit om voort te gaan met ‘n veiling van hul stoet en kommersiële beeste, ondanks ‘n tydelike nasionale verbod op die byeenkoms van spleethoewige vee.


Dié tydelike verbod geld nadat bek-en-klouseer in Limpopo, láát verlede jaar uitgebreek het. Dit was die tweede uitbreking in 2019, nadat die eerste uitbreking in Januarie in die Vhembe-distrik bevestig is. Die mees onlangse uitbreking is in die Molemole-gebied bevestig. 

Willem Barnard, wat deel is van die Au Albidus-telersgroep,  sê hulle moes met ‘n nuwe plan vorendag kom, omdat onder meer beesveilings weens dié verbod nie toegelaat word nie. Daarom gaan dié groep, wat se tweede produksieveiling aan die einde van verlede jaar moes plaasvind, steeds eerskomende Saterdag voort in die vorm van ‘n katalogusveiling. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die sowat 160 beeste, manlik en vroulik, is nie op die veiling teenwoordig nie. Foto’s en video-insetsels van die Brahman-beeste wat aangebied word, sal op ‘n grootskerm op die veiling vertoon word. Kopers moet steeds dié veiling Saterdag om 11:00 by Vleissentraal, wat die veiling aanbied, se veilingkrale op die Bela-Bela-pad in Limpopo bywoon. “Ons gaan normaal voort met die veiling, die beeste is net nie teenwoordig nie.”

Barnard sê die veiling is tweeledig. Sowat 40 wit en rooi stoetbeeste en 120 suiwer kommersiële Brahman-beeste word opgeveil. Hy sê dié veiling is binne die vereiste raamwerk, wat vereis dat beeste nie byeen is op een plek nie. Daarmee saam sal permitte vir die beeste wat verkoop is beskikbaar gestel word en dié diere gaan outomaties van die verkoper se plaas na die verkoper. Gesondheidsertifikate vanaf ‘n veearts is egter nodig.)

Dit was  Willem Barnard van die Brahman Wilbar-stoetery slegs op Before Dawn. Skakel Donderdagoggend in wanneer Barnard verder gesels oor die impak van bek-en-klouseer op die bedryf en produsente in dié provinisie.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.