On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#LandbouHoop: Kom stap meer as 300km in NK om bewustheid te kweek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:06 Fri, 14 Feb 2020

#LandbouHoop: Kom stap meer as 300km in NK om bewustheid te kweek | News Article
FOTO: Verskaf

Bewustheid oor die impak van die droogte op landbougemeenskappe in die Noord-Kaap word in Mei vanjaar op 'n unieke wyse gekweek.


Die NG-kerk Noord-Kaapland, in samewerking met Agri Noord-Kaap, Caritas-gemeenskapsfokus en Kerk Sonder Mure bied die Boesmanland Camino aan om geld in te samel om droogtehulp aan boere te verleen. Ds. Christo Jonck, wat ook 'n deeltydse boer is van die NG-gemeente Kuruman-De Oog, sê bewusmaking word geskep oor die humanitêre krisis waarin gemeenskappe hulself bevind. Daarmee saam is boere se emosionele welstand ook nie goed nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jonck gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy vertel die ad-hoc-taakspan, wat uit verskeie betrokkenes soos die Caritas-gemeenskapsfokus en Agri Noord-Kaap bestaan, fokus op die kerk se unieke taak om pastorale en humanitêre versorging te verleen. Hy sê daar is sterk fokus op die Noord-Kaapse gemeenskap en die Caritas-gemeenskapfokus is daartoe verbind om gemeenskappe te ondersteun. Daar is aanvanklik op vroeë kinderontwikkeling gefokus, maar dit is ook nou ingestel op boere se welstand.

Hy sê daar is nog plek beskikbaar vir belangstellendes wat aan dié 313,9 km-staptog wil deelneem wat die spore van die droogte volg. Dit strek vanaf Calvinia deur die Boesmanland, tot by Garies, Die roete sluit ook in Calvinia, Tierhoek, Naresie, Gannabos, Brandkop, Knakkies, Kliprand, Platbakkies en Studerspas. 

Organiseerder en eienaar van die Boesmanland Camino het ook aangedui diegene wat ten bate van die droogtehulpfonds die camino aandurf, sal 'n R500-korting op die inskrywingsgeld ontvang. 

Vir meer inligting bel vir Esté van der Merwe by 082-572-3900 of stuur 'n e-pos na marketing@caritas.org.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.