On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

LUISTER – SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 10

───   08:45 Tue, 30 May 2023

LUISTER – SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 10 | News Article

Om te dink dié drama begin met ’n foto van ’n glansdokter en ’n bottel vrugtesap in Woolworths ...

Die Thabo Bester en dr. Nandipha Magudumana-storie is die laaste tyd oral in die nuus. Bester, ’n berugte verkragter en moordenaar, bewerkstellig ’n verregaande ontsnappingsplan met politici en amptenare in sy sak. Hy besluit om sy eie dood te fnuik, en uiteindelik werklik vry te wees nadat hy – met behulp van sy minnares Magudumana en verskeie bewaarders – in en uit die privaat maksimumveiligheidgevangenis kon beweeg asof dit ’n koshuis is. 

Omdat die meeste Suid-Afrikaners deesdae gefrustreerde speurders is ter wille van oorlewing, en weens ál meer vrae in die media, word Bester se bewegings beperk.



Die Thabo Bester-verhaal het al die elemente van ’n skouspelagtige riller, wat die gevaar loop om die hoofrolspelers te verromantiseer. Die slagoffers en hul families moet net nóóit uit die prentjie gelaat word nie. Mag die waarheid tydens die verhoor geopenbaar word en geregtigheid vir almal seëvier. 

(Hierdie aflewering is saamgestel met inligting en argiefklank verkry uit verskeie openbare nuusbronne, soos Twitter, Crime in SA, 947, YouTube en CHAIfm.)

Volg dié skakel om na vorige episodes te luister: https://bit.ly/OFMSel35 

OFM Nuus

Episode 1: Wie is Thabo Bester? Hoe het hy onder die gereg se radar beweeg en talle uit miljoene bedrieg?

Episode 2: Het die glansdokterpreneur dr. Nandipha Magudumana Thabo Bester se beweerde miljarde nagejaag? Gee sy nuwe betekenis aan die term “slay queen” of is sy ’n slagoffer?

Episode 3: Oud-gevangene Gayton McKenzie voorspel Thabo Bester en dr. Nandi sal vermoor word om die waarheid toe te smeer – “dead people tell no tales”.

Episode 4: Die raaiselagtige dood van Katlego Bereng Mpholo, wie se liggaam misbruik is in Thabo Bester se fynbeplande ontsnapping, laat sy geliefdes in rou en op soek na antwoorde

Episode 5: Die verstommende ontsnappingsdrama van Thabo Bester uit die Mangaung-gevangenis in Mei 2022, het moontlik die doodsklok gelui vir privaat tronke in Suid-Afrika.

Episode 6: Britse joernalis Ruth Hopkins verduidelik hoe sameswering en korrupsie by G4S die verkragter en moordenaar Thabo Bester in staat gestel het om te ontsnap – en vir 'n jaar lank daarmee weg te kom.

Episode 7: Hoe maak ’n gevangene meer geld uit sy sel as miljoene hardwerkende Suid-Afrikaners daarbuite? En hoe omseil Thabo Bester finansiële instellings se regulasies, asook Jan Taks se valkoë? 

Episode 8: Die swendelaar Thabo Bester se verlede het hom ingehaal en was moontlik indirek die rede waarom hy ’n plan moes bedink om finaal sy vryheid te probeer koop. 

Episode 9: Die Thabo Bester-storie word beskryf as die mediasirkus sonder einde.

Episode 10: As ons egter in hierdie laaste aflewering in die reeks verby al die drama kyk, sien ons 'n silwer randjie of drie om ’n donker wolk. Daar is ook 'n paar belangrike lesse wat hieruit geleer kan word.


 


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.