Entertainment
Beleef die Grey’tful Symphony!─── 10:38 Tue, 11 Aug 2026
Sponsored10:38 Tue, 11 Aug 2026
Maak gereed vir ’n onvergeetlike musikale ervaring wanneer Grey’tful Symphony van 20 tot 22 Augustus 2026 by die Sand du Plessisteater in Bloemfontein aangebied word.
Hierdie besondere produksie bring talent, musiek en die trotse Grey Kollege-gees saam op een verhoog. Vanjaar is Arend Brink jnr., ’n Bloemfontein-gebore oud-Grey, begaafde musikant en bedrewe klankingenieur, een van die gaskunstenaars. Arend het reeds saam met talle vooraanstaande Suid-Afrikaanse kunstenaars gewerk en beloof om ’n besondere element tot die vertoning by te voeg.
Kaartjies vir Donderdagaand is vir die publiek beskikbaar op Webtickets en via PACOFS se webtuiste.
Kaartjies vir Vrydag- en Saterdagaand sal aanvanklik eksklusief vir die Grey-gemeenskap op Karri beskikbaar wees. Enige oorblywende kaartjies word vanaf 11 Augustus op Grey se sosiale media-platforms beskikbaar gestel via ’n QR-kode, of by Grey Sekondêr se finansiële kantoor tussen 08:00 en 14:00.
Moenie hierdie unieke viering van musiek en Grey-trots misloop nie. Grey’tful Symphony – 20 tot 22 Augustus by die Sand du Plessisteater. Kry jou kaartjies en wees deel van die ervaring!

