On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Bloemfontein se beweerde bordeel-vroue verskyn weer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:45 Fri, 13 Mar 2015

Bloemfontein se beweerde bordeel-vroue verskyn weer | News Article

Bloemfontein - Vier vroue wat Vrydag in hegtenis geneem is by 'n beweerde bordeel in Fleurdal, Bloemfontein verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof.

Princess en Zanele Ncube, Sthando Zondi en Sandisile Gumede het reeds Maandag in die hof op aanklag van prostitusie verskyn. Zanele word ook aangekla vir die bedryf van ‘n bordeel, terwyl Princess tereg staan op ‘n bykomende aanklag van die besit van kokaïne.
 
Die vroue se verhoor is tot vandag uitgestel om meer inligting te bekom vir 'n formele borgtogaansoek. Hulle bly intussen in aanhouding.
 
Die beweerde eienaar van die huis waar die vroue in hegtenis geneem is, glo verbonde aan ‘n hoër onderwys-instelling, is Saterdag by dieselfde huis gearresteer. Hy het egter nie Maandag in die hof verskyn nie omdat die staat nie die saak op die hofrol geplaas het nie.
 
Intussen is nóg vier mense gister is in hegtenis geneem by 'n Bloemfonteinse gastehuis wat ook na bewering as bordeel gebruik word. Polisiewoordvoerder Chaka Marope, sê twee vroue wat na bewering as prostitute gewerk het, is saam met ‘n man en vrou wat die gastehuis in Paul Krugerrylaan in Universitas bedryf, in hegtenis geneem.
 
Altesaam 14 mense is Woensdag by 'n ander beweerde bordeel in die stad ook in hegtenis geneem.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.