On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Trompsburg-polisie soos blits uit die snelwegpatrollieblokke

───   17:41 Mon, 26 May 2014

Trompsburg-polisie soos blits uit die snelwegpatrollieblokke | News Article
Dirk Kok - 'n Dag nadat die polisie op Trompsburg 'n snelwegpatrollie gekry het, het lede van dié eenheid hul eerste slag teen veediewe geslaan.
Konstabels Jan Nhlapo en Nthabeleng Makae het op hul eerste patrollie op die N1 'n Corsa-bakkie gesien wat op die oog af heeltemal te swaar gelaai was. Onder die swart bakkieseil het hulle 14 merino-hamellammers van bykans R13 000, ingeprop op die klein, bak gekry. Twee van die lammers was vrek en twee se bene gebreek.
Die merino-stoetteler Derek Alexander, van die plaas Klipfontein, het darem die meeste van sy skape teruggekry.
Die polisie op Trompsburg se Ikobeng Hlubi sê een van die diewe het in die donker weggehardloop, maar twee is vasgetrek.
Alexander sê hy is dankbaar oor die nuwe snelwegpatrollie se slag teen veediefstal. Hy en ander boere langs die N1 gaan gebuk onder veediewe en ly verliese van duisende rande.
 
 
 
Die gesteelde skape, ingeprop agter op die klein bak. Foto: Verskaf 

Podcasts

Ikobeng Hlubi:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.