On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landboumaatskappy GWK het 'n verlies in die 2017/18-boekjaar getoon

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:11 Tue, 04 Dec 2018

Landbounuus-podcast: Landboumaatskappy GWK het 'n verlies in die 2017/18-boekjaar getoon | News Article

Beskuldigdes in die bedrogverhoor rakende die regering se omstrede Vrede-suiwelprojek meen regverdigheid het geskied, maar hulle is steeds te nagekom.


Die beskuldigdes waaronder Gupta-familielede en hul beweerde sakevennote asook regerings-amptenare is egter nie bekommerd oor toekomstige vervolgings nie. Dit is volgens Michael Hellens, wat van die aangeklaagdes, verteenwoordig. Dit kom nadat die nasionale vervolgingsgesag  Dinsdag die aanklagte teen agt beskuldigdes, waaronder Varun Gupta, 'n neef van die Gupta-broers en 'n direkteur van Oakbay, in die Bloemfonteinse landdroshof, laat vaar het. Die aanklagte sluit in bedrog, geldwassery, en korrupsie. Dié projek van sowat R250 miljoen, is aanvanklik geoormerk om swart boere te bevoordeel, maar geld is toe na bewering na die Estina-maatskappy met Gupta-bande gekanaliseer.  


Die landboumaatskappy GWK het 'n verlies in die 2017/18-boekjaar getoon, maar is steeds positief oor die feit dat die situasie beter daarna uitsien as in die vorige boekjaar. GWK se Groep Besturende Direkteur, Llewellyn Brooks, sê terugvoer oor die maatskappy se verlies van, is onlangs op sy algemene jaarvergadering aan aandeelhouers verskaf. Hy sê dit was 'n uitdagende jaar vir dié maatskappy.

Brooks sê al was dit nie 'n winsgewende jaar nie, het dié maatskappy steeds 30% beter presteer as in die 2016/17- boekjaar. 

EN

Daar is groter bewustheid in die buiteland oor moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes in Suid-Afrika en deurbrake, in dié verband, is veral in Amerika en Australië gemaak. Dít is volgens die burgerregte-organisasie, AfriForum, se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, nadat 'n veldtog deur dié organisasie van stapel gestuur is, om die plaaslike situasie rondom plaasmoorde in Suid-Afrika internasionaal uit te lig, en gemeenskappe se aandag daarop te vestig.  


Hy sê die veldtog het vinnig uitgebrei veral in buitelandse hoof-stroom-media en politici in Australie, het kennis daarvan geneem, en ook sterk standpunt daaromtrent ingeneem.  AfriForum het ook plaasmoorde in België bepleit en politici is baie bewus daarvan.  Kriel sê AfriForum is ook toegewyd tot sy veldtog om die ANC regering se planne met grondonteiening sonder vergoeding, en die negatiewe gevolge wat dit inhou onder internasionale gemeenskappe se aandag te bring.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.