On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NHLS neem kennis van kommer oor tekort aan slangbyt-teengif

───   ELSABÉ RICHARD 14:37 Tue, 11 Apr 2023

Landbounuus-podcast: NHLS neem kennis van kommer oor tekort aan slangbyt-teengif | News Article
FOTO: www.africansnakebiteinstitute.com

Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) sê hy neem kennis van die publiek se kommer oor 'n beweerde tekort aan teengif vir slangbyte.

Die diens sê  Suid-Afrikaners kan gerus wees, omdat teengif wel beskikbaar is en nog dosisse gedurig vervaardig word. Die Afrika-slangbytinstituut se Johan Marais het egter onlangs aan OFM-nuus genoem die tekort duur al maande lank.

Drie mans kom na verwagting Dinsdag voor in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane by Rustenburg, nadat hulle betrap is met vermoedelik gesteelde vee van R48 000.

Meer as 100 visvangpermitte is gedurende die Paasnaweek geïnspekteer by hawens, kampeerterreine en lanseerplekke aan Namakwaland se kus. Boetes van R18 000 is uitgereik vir die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne sowel as die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur. Polisiewoordvoerder Timothy Sam sê Operasie Phakisa is uitgevoer op en om kusdorpe soos Port Nolloth, Kleinsee en Hondeklipbaai.

Die Nasionale Oesskattingskomitee het bykomende inligting bekend gemaak dat die wisselvallige weers-toestande aan die begin van die 2022/23-somerproduksieseisoen, net 'n geringe uitwerking gehad het op somer-grane en oliesade. Die Landbousakekamer se Wandile Sihlobo sê die data skat die somergraan- en oliesadeproduksie op 19,6 miljoen ton, 2% hoër as verlede maand se syfer en 5% hoër as die vorige seisoen.

EN

Suid-Afrika kan vanjaar uitsien na nog 'n goeie makadamia-oes. Dit sal na verwagting heelwat groter wees as verlede jaar se totale opbrengs van "68 000 ton droë neut-in-dop teen 1,5% vog" – en kan byna 78 000 ton bereik. Maar Farmer's Weekly se Janine Ryan sê aangesien wêreld-vraag en -aanbod teen boere tel, kan pryse daal tot 'n 10-jaar laagtepunt.

OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.