Agri Hour
Interessante begin vir 2019 met markneigings in die landboubedryf─── 08:22 Wed, 30 Jan 2019
Die landbou-ekonoom, dr. Johnny vd Merwe bespreek vandag markneigings.
Hy ontleed onder meer lewende hawe-pryse en graanpryse en die impak van die voortslepende droogte op die bedryf. Hy sê dit was 'n interessante begin vir 2019 ten opsigte van markneigings. Die prys van skape en beeste was onder druk, die mielieprys het opwaarts beweeg en weersomstandighede het nie saamgespeel nie. Verbruikers is ook onder druk.
Van der Merwe ontleed ook die uitwerking van bek- en-klouseer wat onlangs in Limpopo uitgebreek het. OFM se Pieter Möller het met Van der Merwe gepraat...
OFM- Agri Nuus word moontlik gemaak deur NWK. Jóú greep op die mark.