On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Varkbedryf hoop vir styging in produsenteprys

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 00:22 Thu, 14 May 2020

Varkbedryf hoop vir styging in produsenteprys | News Article

Die varkbedryf is onder druk weens lae pryse en 'n afname in die vraag na produkte, maar daar is steeds dankbaarheid dat daar met produksie voortgegaan kan word, ondanks die situasie rondom die Covid-19-pandemie.


Johann Kotzé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, sê dié bedryf, wat as 'n noodsaaklike diens tydens die grendelstaat geklassifiseer word, produseer voort en is in 'n gunstige posisie om 'n bydrae tot kosproduksie in die land te lewer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dit gaan nieteenstaande die lae produsenteprys goed met die bedryf, wat al voorheen swaargetrek het, maar waardevolle lesse uit dié vorige uitdagings soos dieresiektes geleer het en nou in die posisie is om dit te kan toepas. 

Volgens hom het die vraag afgeneem, veral met die aanvang van die nasionale inperking, omdat die informele mark nie tydens vlak-5 van die inperking oor kanale beskik het om vleis na informele nedersettings te versprei nie. Dit gaan egter nou beter en daar is 'n toename in die vraag na varkvleis. 

Die bedryf is op 'n "goeie plek" ondanks dié toestande en is volstoom in produksie, al is die produsenteprys laag en op dieselfde vlak as drie jaar gelede met produsente wat tussen 15%, 20% en selfs 25% onder hul normale produksiekoste is. 

Kotzé sê hulle is egter hoopvol dat die produsenteprys weer sal styg, namate die vraag toeneem, want daar is 'n behoefte aan varkvleis in die mark. Dit moet ook in ag geneem word dat wanneer die produsenteprys laag is, is daar 'n afname in groothandelpryse, wat weer bydra tot 'n toename in vraag. Groothandelpryse is nou tussen R29, R30 en selfs R35 per kg, wat baie billik is vir die goeie gehalte varkvleis wat verskaf word. 

Dit was Johann Kotzé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, slegs op die Agri-Uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.