South Africa
Luister na Thabo Bester se skouspelagtige riller─── 09:40 Thu, 01 Jun 2023
Die Thabo Bester-verhaal het al die elemente van ’n skouspelagtige riller, wat die gevaar loop om die hoofrolspelers te verromantiseer. Die slagoffers en hul families mag egter nie vergeet word nie.
OFM Nuus het begin met tien aflewerings in ons potgooireeks Sel 35. Mag waarheid en geregtigheid seëvier wanneer die verhoor begin.
Volg een van dié skakels om na vorige aflewerings te luister: https://bit.ly/OFMSel35
Episode 1: Wie is Thabo Bester? Hoe het hy onder die gereg se radar beweeg en talle uit miljoene bedrieg?
Episode 2: Het die glansdokterpreneur dr. Nandipha Magudumana Thabo Bester se beweerde miljarde nagejaag? Gee sy nuwe betekenis aan die term “slay queen” of is sy ’n slagoffer?
Episode 3: Oud-gevangene Gayton McKenzie voorspel Thabo Bester en dr. Nandi sal vermoor word om die waarheid toe te smeer – “dead people tell no tales”.
Episode 4: Die raaiselagtige dood van Katlego Bereng Mpholo, wie se liggaam misbruik is in Thabo Bester se fynbeplande ontsnapping, laat sy geliefdes in rou en op soek na antwoorde.
Episode 5: Die verstommende ontsnappingsdrama van Thabo Bester uit die Mangaung-gevangenis in Mei 2022, het moontlik die doodsklok gelui vir privaat tronke in Suid-Afrika.
Episode 6: Britse joernalis Ruth Hopkins verduidelik hoe sameswering en korrupsie by G4S die verkragter en moordenaar Thabo Bester in staat gestel het om te ontsnap – en vir 'n jaar lank daarmee weg te kom.
Episode 7: Hoe maak ’n gevangene meer geld uit sy sel as miljoene hardwerkende Suid-Afrikaners daarbuite? En hoe omseil Thabo Bester finansiële instellings se regulasies, asook Jan Taks se valkoë?
Episode 8: Die swendelaar Thabo Bester se verlede het hom ingehaal en was moontlik indirek die rede waarom hy ’n plan moes bedink om finaal sy vryheid te probeer koop.
Episode 9: Die Thabo Bester-storie word beskryf as die mediasirkus sonder einde.
Episode 10: As ons egter in hierdie laaste aflewering in die reeks verby al die drama kyk, sien ons 'n silwer randjie of drie om ’n donker wolk. Daar is ook 'n paar belangrike lesse wat hieruit geleer kan word.
